DIENSSENTRUM PROGRAM
MAANDAE
Koeksisters: Bettie Lourens (076 129 3788) bak die eerste Maandag van elke maand koeksisters.
DINSDAE
Haarkapper: Kontak Mariaan Visser (082 877 8546) vir bespreking en fooie. Sy is Dinsdae by die Dienssentrum vanaf 10:00-12:00.
Naaldwerk: Marlene Burger (028 316 3363 of 072 140 5807) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op 'n Dinsdag (9h30-10h00) na die Dienssentrum.
Kliniek: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u sou belangstel om u bloeddruk te laat toets, wonde te laat versorg, suiker te meet, ens. Dinsdae vanaf 10:00-12:00. 'n Kliniekbesoek kos R10 vir lede.
WOENSDAE
Trimgim met Mathilda Roos (082 339 1085) om 15:00 in die OnsTeater.
Voete- en handeversorging: Kontak Marilyn Prinsloo (082 532 6931) vir bespreking en fooie.
Dienssentrum wegneemetes: Tweede Woensdag van elke maand. Bestel betyds. Hou Hartklop dop vir die spyskaart.
DONDERDAE
Week 1 om 10:00: Ons ontspan en speel speletjies soos Rummikub.
Week 2 – 4 om 10:00: Boekklub – Ons luister na 'n voorlesing.
Fliek: Eerste Donderdag van elke maand om 14:30 in die Moederskamer. Hou Hartklop dop vir inligting.
VRYDAE
Kolwyntjie Teetuin om 09:30-11:30. Kom drink 'n heerlike koppie koffie/tee en geniet die heerlikste eetgoed. Benut dit ook vir verjaardagpartytjies, vergaderings, wyke se funksies, ens. Reël vooraf met Siska Conradie (028 316 2109/082 762 2732).